Matriek uitslae en eet met ‘n uitsig

My seun het nou net sy Matriek uitslae gekry en ek is so trots op hom.  Hy het ‘n A gemiddelde met ‘n paar onderskeidings met die hoogste punte in Wiskunde wat hy glad nie verwag het nie.  Baie geluk Heinrich.

Gisteraand het ek en ‘n vriendin by Primi Piatti in Table View gaan eet. Dit moet seker een van die restaurante wees met die mooiste uitsig in die werêld. Die fotos is geneem vanaf die tafel teen die venster waar ons gesit het.

Primi view

Dit was ook ‘n perfekte sommer’s aand wat die son’s ondegang en uitsig nog mooier gemaak het.

Primi view

Primi view

Dit was ‘n “stunning” aand met heerlike kos, fantastiese uitsig en die wonderlikste geselskap.  Dankie R vir die aand .. jy weet hoe baie jy vir my beteken.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*