Eerste golf in amper 7 maande.

Vandag weer vir die eerste keer in amper 7 maande gaan golf speel.  Ek het by my tuisklub, Bellville gaan speel.

Eers die weer.  Met die begin was die weer perfek.  Bietjie toegetrek, koelerig en ‘n ligte windjie wat gewaai het. Na 15 gatjies begin dit toe mos te reën.  Ek hou net niks van om in die reën te speel nie ma het ma deurgedruk want dit het maar lig gereën.

Wat die golf betref was dit maar nie watse wonners nie .. ek het darem 7 maande laas gespeel.
Bellville golf 1
Vanaf die 15de bof .. ja mens moet oor die water en vandag kan ek darem se ek is sonder probleme daar oor.

Daar was goeie houe, briljante houe en ook baie slegte houe.  Op die ou einde het ek 94 bymekaar geskraap en siende dat ek ‘n 19 voorgee is, is dit seker nie te sleg nie.
Bellville golf 2
Die 9de putjie se bof met die klubhuis in die verte.

Die enigste bal wat ek verloor het was op die 9de putjie waar ek die bal regs buite perke geslaan het.

Die fotos is met my Nokia N80 selfoon geneem.  Glad nie sleg vir ‘n selfoon kamera nie.

Technorati Tags: , , ,

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*