Tag spelletjie .. 8 dinge (hmmm, hoekom 8)

Tot nou tot het ek hierdie TAG speletjie vermy maar dog toe hoekom nie vir ;n slag nie.  Anja het my ge-tag en ek moet blykbaar 8 dinge se wat ek dink niemand weet nie.

  1. Toe ek 2 jaar oud was het 2 van my oudste broers my van ‘n tafel laat afval.
  2. Ek was 6 jaar oud toe ek die eerste keer op ‘n openbare pad gery het – was met ‘n trekker.
  3. Ek het in London op die sypadjie op my gat gesit en “fish and chips” eet.
  4. Het al golf op ‘n werksdag gespeel en ingebel werk toe en gese ek is siek.
  5. Het ‘n Duitse ma en pa maar kan nie Duits praat nie — net ‘Ich liebe dich’ – tel dit?
  6. Het op ‘n groente plaas groot geword maar eet nie ertjies nie.
  7. Het my Matriekafskeid gemis deur in die hospitaal te le.
  8. Ek vrek ook Belgies bier en sjokolade.

Soos wie is op my lysie — Tertia, Louisa, Max, Tania

En ek kan nie eindig sonder ‘n prentjie nie.

Cape Town by night by ~vastus on deviantART

Technorati Tags: ,,

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*