Die week wat was.

Hendrik en Melanie troue 1

Vrydag ‘n week gelede was ek by Hendrik en Melanie se troue in Stellenbosch.  Wat ‘n heerlike troue.  Die onthaal na die kerkdiens was by Cape Town Fish Market in Stellenbosch – iets anders as die normale troue maar uit die boonste rakke.  Baie geluk aan Hendrik en Melanie en mag julle ontsettend gelukkig wees.

By die werk gaan dinge maar voort.  Ek reis nie meer so baie nie en is besig om die reëlings te hanteer vir ons kantoor skuif van die middestad na Century City.

Ek het ook die week besef hoe wonderlik goeie vriende is en hoe hulle mens uit die bloute kan verras.  Dit was gister my half-eeu verjaarsdag en Vrydag toe word ‘n koerier pakkie by my kantoor afgelaai.  Binne was ‘n  verjaarsdag geskenk van iemand baie spesiaal en ver.  Wat ‘n verrassing en baie dankie M.  Ek waardeer dit opreg.

Ek het ook besef hoe geseënd ek is om 2 wonderlike kinders te hê.  Vrydagaand het my dogter vir ons die heerlikste aandete gemaak.  Dankie Meriska.

Meriska uiteet 1Meriska uiteet 2

Hierdie fotos is gisteraand geneem van my dogter toe ons gaan uiteet het by Cattle Baron.  Dit was heerlik om net kwaliteit tyd saam met my kinders te spandeer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*