Dit en dat oor die afgelope paar dae/weke …

Ek was maar redelik stil op die blog en party van julle dink seker ek het van die aardbol af verdwyn.  So gou gaan julle nie van my ontslae raak nie, ek is nog steeds hier rond.  Dinge by die werk is redelik besig en my persoonlike lewe was maar op en af soos ‘n “yo-yo”.

Laat ek eers my sê sê oor die weer .. ek hou nou nie veel van die winter en die nat nie maar die hitte was darem erg.  Veral Sondag se bedompige weer, ek sal nooit in Durban aard nie.

Saterdag het ek gaan golf speel.  Was darem vir ‘n verandering nie te sleg nie en ek het heel eerste afgeslaan – 7uur. So het darem die ergste warmte gemis.  Voor 12 al op die stoep gesit met ‘n yskoue  bier en die ouens wat toe afgeslaan het jammer gekry.

Voor ek golf toe is, hier rondom 6 uur het ek op my balkon gestaan en die son’s opkoms gesien:
Sonop2

Sonop1

Technorati Tags: ,

Tafelberg se kleed wat afgesak het.

Table Mountain
Foto deur Marius Bock met Nokia N80

Het familie gaan besoek in Melkbosstrand gister en op pad terug het ons gestop by Jimmy’s Killer Prawns in Blouberg. Dit was ‘n koelerige laat Saterdag middag en Tafelberg het hierdie wolke gehad wat nie bo-op gelê het nie maar rondom die berg met die bokant van die berg wat uitgesteek het.

Ek het ‘n bord “prawns” gehad en my vriendin “calamari”.  In beide gevalle was dit heerlik gewees alhoewel ‘n bietjie aan die duur kant.

Die jaar wat was en die jaar wat kom

Dit was een van daardie jare wat ek nou nie kan sê dat dit ‘n briljante jaar was nie en ek kan ook nie se dit was ‘n slegte jaar nie.  Dit was net nog ‘n jaar wat verby is.  So wat het die jaar gebeur:

Sosiaal en vriende:
Deur die jaar het ek paar nuwe vriende en vriendinne ontmoet.  Ek is nog “as single as you can get”. Ja en ek het ook een besondere vriendin ontmoet (wel ek het haar seker al amper 15 jaar terug ontmoet en ons padjies het vanjaar weer gekruis). Hopelik sal oor tyd hierdie vriendskap uitbrei tot iets meer.  Ek dink sy is ‘n besondere mens. Genoeg vir eers gesê en al jul nuuskieriges moet maar wag totdat ek weer eendag iets sê.

Familie:
Familie gewys is my kinders die belangrikste.  My seun het Matriek baie goed geslaag en is volgende jaar op pad Universiteit van Stellenbosch toe om Chemiese Ingeneurswese te gaan swot.  My dogter het Graad 10 klaar gemaak en volgende jaar moet sy skool aandurf sonder haar ouer broer in die omtrek.  Nou nie dat dit vir Meriska enigsins sal pla nie want sy kom goed reg so op haar eie.  Albei is gesond en is besig om die vakansie iewers langs die kus te geniet.

Werk:
Die jaar het begin met my wat nog my voete moes vind nadat ons IBM toe is aan die einde van 2006.  Gedurende Mei is ek Denemarke toe om verhoudings op te bou tussen IBM Suid Afrika en IBM Denemarke.  In Oktober het ek die geleentheid gekry om aan te beweeg na ‘n nuwe klient hier in Suid-Afrika wat weer nuwe uitdagings aan my stel.

Wat van 2008?
Ek is nie een wat enige “resolutions” maak nie want die meeste van die goed bly agter as ander prioritieite op mens se pad kom maar ek will konsentreer op die volgende:

  • Wil die beste vriend wees vir my vriende en vriendinne .. veral as hulle deur swaar tye gaan en iemand nodig het en dan wil ek daar wees.
  • Wil my kinders al die ondersteuning en liefde gee wat hulle toekom.
  • Wil alles doen om daai spesialle persoon gelukkig te maak,
  • In my werk alles doen tot die beste van my vermoe en ‘n sukses daarvan maak.

Een ding wat ek in 2007 geleer het is hoe baie ander mense daar is wat baie swaarder in die lewe het as ek.  In 2008 wil ek die lewe met albei hande aangryp en die beste maak van elke oomblik.  Ek glo en vertrou dat 2008 ‘n goeie jaar vir my gaan wees.

Ek wil almal wat tot hier gelees het ‘n baie goeie en gelukkige 2008 toewens.  Gryp elke geleentheid aan en aanvaar die liefde wat ander mense teenoor jul betoon en straal ook liefde teenoor ander uit.  Soos ek meer tyd vir my vriende en geliefdes gaan maak so hoop ek ook dat ieder van julle dieselfde gaan doen.

Technorati Tags: ,,,,