Kaapse donderweer en my gemoed.

Vandag is die weer hier in die Kaap tipies Gautengse weer.  Regte donderweer.  Dis nie iets wat aldag hier in die Kaap gebeur nie.  Soos ek hier skryf is die weer besig om te rommel daarbuite en dit het nou net geblits.  Hier is ‘n foto wat ek so tydjie terug geneem het van die wolke oor die Bolandse berge.

MountainClouds

My gemoeds toestand op die oomblik is omtrent soos die weer daarbuite.  Dis ‘n Kersfees waarna ek nie baie uitsien nie.  Ek is op die oomblik alleen en gaan Kersfees alleen deurbring.  Ek het vroeer vanmiddag net gaan sit langs ‘n dam hier naby waar ek woon en daar was ‘n familie eende.  Ek dink toe by myself hoe gelukkig daai klompie eende is. Hulle is ‘n familie saam, en dis meer as wat ek kan sê.

MagicForrest1

Vir die leser wat hier lees, ek hoop en vertrou dat jy saam met familie, vriende en geliefdes is en dat Kersfees vir jou ‘n wonderlike en heuglike dag sal wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*