16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vrouens en Kinders

Gister het ‘n tydperk van 16 dae begin vir Aktivisme teen Geweld teen Vrouens en Kinders. Die wit lint simboliseer en ek haal aan in Engelse:

never commit or condone violence against women and children, and to always speak out about violence where you see it

Dit is intressant dat slegs in Suid Afrika word kinders by hierdie tydperk van aktivisme ingesluit.  Orals anders in die werêld is dit net Geweld teen Vrouens wat betrek word.

Daar is niks wat my meer kwaad maak as om te sien hoe Vrouens en Kinders mishandel word nie.  En ek praat nie hier net van fisiese mishandeling nie.  In die meeste gevalle is emosionele mishandelinge erger.  Wonde kan genees oor tyd maar emosionele seermaak genees omtrent nooit nie.

Ek maak ‘n beroep op alle mans daar buite om alle vrouens en kinders met respek en eerbied te hanteer.  En ek vra vir vrouens om op te staan vir hul regte.  Moenie toelaat dat julle misbruik en mishandel word nie.

Wanneer dit by kinders kom, is dit ieder en elk van ons plig om na kinders om te sien en hulle te beskerm.  Dit maak nie saak wiese kinders dit is nie.  Baie van daardie kinders kan nie vir hulself veg nie en maak staat op ons volwassenes om dit vir hul te doen.

Die mooi van die natuur

Na ‘n moeilike Sondag, laat ek julle met een van die natuur se wonders.  Nee dit was nie ‘n depresiewe Sondag nie, in werklikheid is my uitkyk op die lewe steeds positief.  Wat die Sondag moeilik gemaak het is die wispeltierigheid van mense en veral vroumense. Hierdie klein koppie van my sal dit nooit verstaan nie.  Ek kan nie verstaan hoekom vrouens nie ‘n reguit JA of NEE kan antwoord op ‘n vraag nie.  Hoe moeilik kan dit nou wees om te besluit of mens wil braai of nie .. het mens nodig om daaroor te slaap (Nee, sy het toe nie saam gebraai nie). Daar word altyd oor dinge gedink en later terug gekom en in die meeste gevalle in elk geval met die antwoord wat ek nie wou he nie.

Maar even met daai wispeltierugheid kan ons mans nie sonder julle nie.  Julle maak die lewe net so damn moeilik.

Hierdie verskynsel word “Iridescent Clouds” genoem.  Druk op die prentjie om daaroor te lees:

Credit & Copyright: August Allen