Skaak Saterdag

Sien op Tania se blog oor die Skaak ding Saterdag by Fandango … ek is seker Tania soek net skaak spelers soos ek wat sy kan wen.  Ek kan ongelukkig dit nie maak nie … daai familie verpligtinge wat mens van tyd tot tyd moet doen.  Sou graag daar wou wees al was dit net om mense in lewende lywe te ontmoet — sal maar moet wag tot die volgende keer of een van die Geekdinners of 27Dinners.

Vandag moet ek die verkeersdepartement gaan trotseer — my kredietkaart bestuurslisensie moet hernu word.  Sien nou regtig nie uit daarna nie … hopelik is daar nie veel mense in die ry by Durbanville nie.

PS. For my non-Afrikaans visitors … if you need a translation of this then just shout — it is about chess and drivers license.

Technorati Tags: , , , , ,

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*