Werk, fliek en die week wat was.

Die week het begin met my wat moes besluit of ek ‘n nuwe werkaanbieding wat op my lessenaar geland het gaan aanvaar en of ek by IBM gaan bly.  Na gesprekke met menigte mense het ek besluit om by IBM te bly en nie die nuwe werksaanbod te aanvaar nie.  Dit was goed om te sien dat IBM bereid was om iets te doen om my te behou en dit laat mens goed voel.  Ek moet nog die ander maatskappy laat weet dat ek nie hul aanbod aanvaar nie.

Gepraat van werk.  Donderdag het IBM se Kaapse kantoor hul jaareind funksie gehad.  Dit was iewers teen Tafelberg op in die Tafelberg Nasionale Park.  Ek bly al so lank hier in Kaapstad en het nie eens van die plek geweet nie.  Hier is ‘n foto wat ek geneem het.
IBM yearend 2007-1 Foto geneem deur Marius Bock met Nokia N80

Gisteraand het ek Surfs Up gaan kyk en het dit terdee geniet.  Daarna gaan koffie drink by Coffee Junction in Tygervallei.  Hulle het “live entertainment” gehad en dit was nogal goed gewees.  Weet nie wie die ou was wat gesing het nie maar gehoor hy is ‘n polisieman wat sing in sy spaar tyd.  Hy is blykbaar elke tweede Saterdagaand by Coffee Junction.  Gaan loer gerus daar in na fliek.  By gesê, dit was omtrent die enigste plek wat enige lewe gehad het in Tygervallei na 10 uur.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*