Hoekom is Sondae so anders en depressief?

Dis hoog tyd dat ek iets in Afrikaans skryf en aangesien dit Sondag is wil ek bietjie filofiseer oor Sondae.  Omdat hierdie in Afrikaans is, verskoon maar die spelfoute aangesien ek nie ‘n Afrikaanse “spellchecker” het nie .. julle is welkom om my te korrigeer.

Om terug te kom na my vraag.  Weet nie van julle nie maar Sondae is nie een van my gunsteling dae nie.  Die oggende is nog ok, met die dat mens kerk toe gaan, by ‘n winkel in hardloop en dan reg maak vir middagete (in my geval meestal alleen).  Dis Sondagmiddae wat my onder kry. Dis amper asof daar ‘n wolk van depressie oor dit hang.  Mens wil nie by ander mense gaan kuier nie want jy is bang jy maak inbreuk op hul rusdag.  Baie keer wil ander mense jou net eenvoudig ook nie sien nie want hulle is in dieselfde bootjie as jy en wil net alleen gelos word.  Ek is ook nie een wat sommer ‘n SMS (Sondag Middag Slapie) vang nie so wat nou gemaak?

As ek so na my vriende en vriendinne om my kyk, kry ek die gevoel ek is nie alleen nie.  Is hierdie iets wat net met ons enkellopendes gebeur?  Wat doen mens om daaruit te kom?

Miskien moet ek die Sondagmiddag Depressie Klub (SMDK) stig! Wat doen so ‘n klub om sy lede te ondersteun?  Miskien is daar alreeds so ‘n klub … hmmm baie vrae maar geen antwoorde.

Ek het hierdie iewers op die web gekry en dit weerspieel nogal hoe ek partykeer voel op Sondae!!

Opmerkings, raad en sommer enigiets is meer as welkom, los kommentaar.

Technorati Tags:

Why I love summer …

Yesterday morning I went to brunch with a friend and her kids.  We ended up at Hammers and Spanners which is in Willowbridge just outside Tygervalley. We sat outside under the great summer sun looking out over the river below.  The kids could run around in the nursery which is at the back and look at all the animals that they have there.

The food was not anything to write home about.  Bit expensive and the portions was real small.  But the service was great, friendly and the owner made a point of starting friendly chats with everybody.  And the company was great.

This is what make’s summer great.  Being able to enjoy the outdoors and not being cooped up between four walls.

Hope the wind stay away today, want to pack a cooler and go to the beach this afternoon.